
=====================================================================
Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers

---------------------------------------------------------------------
Annatjie Louw gee haar persoonlike ervaring van 'n eerste Europese werkskool in Afrikaans extra muros in Leipzig.

Wat die Russiese linguiste Wladimir Chritinine en Anna Siim wou s oor Afrikaans en die aanbieding daarvan aan die Universiteit van Sint 
Petersburg, sal 'n mens dalk nooit hoor nie. Die twee kon weens 'n geldtekort nie die pas afgelope Eerste Europese Werkskool in Afrikaans 
Extra Muros (EWAfrEM) bywoon nie. Elkeen sou 'n referaat lewer. Die titels was: "Afrikaans Studies in Russia: Past and Present" en 
"Afrikaans in the Arabic Script".

Kort voor die EWAfrEM het ek Sint Petersburg besoek en gaan inloer by die Departement Afrikastudie, waar Wladimir medeprofessor is. Dis toe 
dat hy my met spyt vertel daar is nie geld om Leipzig toe te gaan nie. Wladimir het 'n Vrydagmiddaglesing onderbreek om 'n paar minute lank 
te gesels agter die boekrak wat in 'n klein vertrekkie studeer- en lesinggedeelte skei.

Hy het ng iets van die hart gekry: dis 'n groot gesukkel om Afrikaans aan te bied, want sy enigste handboek is stokoud. Hy word ernstig 
gekortwiek deur 'n gebrek aan Afrikaanse woordeboeke en ander studiemateriaal. Afrikaans Vandag, wat hy ook op die internet kan lees, is 'n 
kosbare hulpbron. Die twee Sint Petersburgers het klaarblyklik ondersteuning van die Afrikaanse gemeenskap nodig.

Koos du Plessis het oor versaakte liefde gesing " as niemand van jou weet nie, kan niemand jou vergeet nie  as niemand van jou hoor nie, 
kan jy tog niks verloor nie." S nou Wladimir en Anna begin so voel oor Afrikaans?

Christine Frster, die gasvrou van die Leipzig-konferensie, wat al sedert 1994 aan die Universiteit van Leipzig in Afrikaans onderrig gee, 
het beaam dat Afrikaans Vandag vir haar en haar studente onmisbaar is. Sy lei hulle veral in kommunikatiewe Afrikaans op. 'n Mens het 
Christine tydens die EWAfrEM leer ken as energiek en waagmoedig. Veral waagmoedig, want wat anders as 'n yslike waagstuk was so 'n eerste 
Afrikaanse konferensie in Europa?

Christine het in haar voorlesing eer aan Jerzy Koch van die Universiteit van Wroclaw in Pole gegee as die bron van die konferensie-idee. 
Hierdie wellewende man met sy lekker wegl-snor het met tiperende Poolse hartlikheid warmte en humor aan die byeenkoms verleen. Hy het 
byvoorbeeld met 'n blink oog vertel van Afrikaans se "Poolse wortels": die naam Jan van Riebeeck is afkomstig van Jan Ribka en Ribka is 
Pools vir "klein vis".

Mense het van uithoeke na Leipzig gereis om die EWAfrEM by te woon en bydraes te lewer: Suider-Afrika, Amerika, Engeland, China, Tsjeggi, 
Pole, Belgi en Nederland. Die waarde van die samekoms hou myns insiens verband met stellings wat Jerzy Koch in sy referaat ("Actualiteit 
van 'de vreemdeling-gedachte' in de Zuid-Afrikaanse literatuurbenadering") gemaak het: Mense soek meestal identiteit binne die eie, bekende 
gemeenskap. Hulle formuleer dan die kenmerke wat hulle onderskei, deur daarop te wys hoe "verskillend" (werklik of vermeend) ander 
gemeenskappe is. Daarom val die klem in die rel op die opvallende rasse-, nasionale, godsdienstige of taalonderskeide van "die ander".

Jerzy s in die Afrikaanse literatuurbenadering kry sekere elemente nie voldoende aandag nie. Een daarvan is dat stereotipes ook in hul 
positiewe dimensie gesien kan word. 'n Ander: rekening moet gehou word met die feit dat die basis van "vreemdheid" nie aan objektief 
meetbare verskille toegeskryf kan word nie, maar aan die subjektiewe. In die proses van die afbakening van 'n eie identiteit kan 'n 
individu of 'n groep ander individue of groepe uitsluit en aan hulle die status van buitestanders gee.

Die EWAfrEM was 'n laslapkombers van uiteenlopende referate deur mense met vele tale (Afrikaans, Nederlands, Duits, Engels) en met 
uiteenlopende identiteite en belange. Groot, gevestigde geeste in die wreld van die linguistiek en die letterkunde het referate gelewer, 
maar ook aspirerende jonges wat nog die pad moet loop. Party konferensiegangers het duidelik 'n akademiese belangstelling in Afrikaans as 
'n linguistiese verskynsel en in sy oorsprong, terwyl Afrikaans vir ander 'n hartsding is. Dan was daar ook diegene vir wie Afrikaans in 
die praktyk belang het  hulle leer aan ander Afrikaans as tweede, derde of vierde taal.

Christine en Jerzy en al die ander wat van die EWAfrEM so 'n sukses gemaak het, het daarin geslaag om die laslapmense onder die groot 
kombers van Afrikaans byeen te bring. Die grense tussen lande en mense en hul doengoed het vir 'n wyle weggeval. Titels en senioriteit was 
skaars ter sprake. 'n Mens wens dat hierdie konferensie, wat weer oor twee jaar in Amsterdam sal plaasvind, 'n brugbouer sal bly, dat dit 
sy karakter van toeganklikheid en pretensieloosheid sal behou. Die Afrikaanse akademiese wreld het 'n brug nodig na die volksmens. In die 
voorwoord van 'n Koos du Plessis-liedjiesboek s Hennie Aucamp die skrywer probeer die taal soepel hou, maar werk dikwels bewustelik en 
kunsmatig. "Die volksmens daarenteen, hou die taal spontaan jonk, want hy dink konkreet, met die inset van al sy sintuie, en die noem van 
'n ding by sy naam."

By die EWAfrEM het skrywers en akademici met volksmens-harte 'n brug gebou en moet dit nou behou. Annatjie Louw is vryskutjoernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7421.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

